Sangkuns

dd
Édith Piaf sing voor 'n mikrofoon (1962).

Sang is die vervaardiging van musikale klanke met die stem en segmente van spraak, deur die gebruik van volgehoue toon, ritme en 'n verskeidenheid van vokale tegnieke. 'n Persoon wat sing, staan bekend as 'n sanger of 'n sangeres (in jazz en populêre musiek).[1][2] Sangers sing musiek (arias, liedere, ens.) wat kan gesing word , met of sonder begeleiding deur musikale instrumente. Sang kan in 'n ensemble van musikante gedoen word, soos 'n koor van sangers of 'n orkes van instrumentaliste. Sangers kan optree as soliste of vergesel word deur enigiets van 'n enkele instrument (soos in kuns lied of 'n jazz-styl) tot 'n simfonie-orkes of groot orkes. Verskillende sangstyle sluit in kuns musiek soos opera en Chinese opera, Indiese musiek en godsdienstige musiek style soos Gospel musiek, tradisionele musiek style, kontemporêre musiek, jazz, blues en populêre musiekstyle soos pop, rock en elektroniese dansmusiek.

Sang kan formeel of informeel geskied, gereël of selfs geïmproviseer word. Dit kan gedoen word as 'n vorm van godsdienstige toewyding, as 'n stokperdjie, as 'n bron van plesier, vertroosting of ritueel, as deel van musiekonderwys of as 'n beroep. Uitnemendheid in sang verg tyd, toewyding, instruksies en gereelde oefening. As oefening op 'n gereelde basis gebeur, kan die klanke duideliker en sterker word. Professionele sangers bou gewoonlik hul loopbane op 'n spesifieke musikale genre, soos die klassiek of rock, alhoewel daar sangers is wat 'n oorgang van genre iewers in hul loopbane het. Professionele sangers ontvang gewoonlik stemopleiding by vokale afrigters.

  1. "VOCALIST – meaning in the Cambridge English Dictionary". Dictionary.cambridge.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018. Besoek op 30 Januarie 2019.
  2. "Vocalist | Definition of vocalist in US English by Oxford Dictionaries" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search